Banner
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
 
Musiek Loopbaan PDF Print E-mail
Stylvol, beeldskoon en talentvol – dit is die pragtige Benice Borman. Benice is ‘n nuwe jong kunstenaar wie se gospel-loopbaan vir haar ‘n saak van groot erns is. Sy is ‘n boorling van die mooie Odendaalsrus en tans woon sy in Brakpan saam met haar eggenoot Sias en hul lieflike twee dogtertjies, Kayla en Denike. Benice is ‘n gesinsmens en elke lid van haar gesin vorm deel van haar sangloopbaan. 
 
Benice is met die mikrofoon in haar hand gebore, soos haar ma altyd sê. Op die jong onderdom van 5 jaar het sy dit reeds voor ‘n gehoor gewaag. Ook geen wonder dat hierdie jong ster geseën is met so ‘n buitengewone stem nie – haar pa is die bekende kitaarspeler, Hennie de Bruyn en saam met die ander musikales in die familie het Benice se liefde vir musiek en sang gegroei tot waar sy vandag aan die begin van haar belowende loopbaan as gospel-sangeres staan.
 
Die nuutste cd wat binnekort deur Arend Musiek, die platemaatskappy waarvan Benice deel is, vrygestel gaan word, is vir haar ‘n droom wat waar geword het. Elke lied op die album is ‘n lied van liefde, geïnsipireer deur die Heilige Gees. Sias, Benice se man, het al die oorspronlike liedere op die album geskryf. “Jesus het soveel passie en liefde vir mense gehad”, sê Benice. “Dit is my begeerte dat mense daardie selfde passie en liefde van my ook kan ervaar.” Benice vertolk elke lied op die cd met soveel intensiteit, opregtheid en liefde en die waarheid van die lirieke het soveel trefkrag dat dit nie anders kan as om tot elkeen wat daarna luister, te spreek nie. Die liedjies is vars en oorspronklik en sal in die smaak van jonk en oud val. 
 
Benice het ‘n baie eenvoudige, uit-die-hart antwoord op die vraag wat sy graag sal wil bereik: sy wil mense se lewens aanraak met haar musiek. Die goedheid van haar Skepper maak haar opgewonde en sy is iemand met ‘n passie vir mense en die lewe. 
 
“As jy jou bes doen, sal God die res doen!”
 
 
Alle regte voorbehou PC 2012  
Webtuiste ontwerp deur Design4u