Banner
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
  • JoomlaWorks Simple Image Rotator
 
Biografie PDF Print E-mail
Benice is gebore op 24 Julie 1982 in Odendaalsrus.Sy is die eerste van 2 kinders, sy het groot geword in Koster en was van jongs af in die kerk betrokke en het onder begeleiding van haar pa met die kitaar gesing.
 
In 1997 het hulle verhuis na Benoni waar sy haar hoerskool loopbaan voltooi het by Hoerskool Brandwag. Met die opname van haar eerste CD was Sias Borman betrokke en later op 17 Maart 2001 is hulle getroud. Hulle dogter Kayla is die volgende jaar in April gebore.
 
Na dit is nog CD's opgeneem. Die CD's het baie deure oopgemaak en Sias en Benice het saam begin bedien.
 
Hulle bediening is gemik op alle ouderdoms groepe en oor al die grense van die Christelike kerk. Hulle bediening bestaan uit woord en sang en gee ruimte aan die werking van die Heilige Gees. Deur die jare het Sias liedjies geskryf deur die inspirasie van die Heilige Gees en meeste van dit is opgeneem op haar CD's.
 
 
Alle regte voorbehou PC 2012  
Webtuiste ontwerp deur Design4u